bij
SAMEN DELEN
  


Ingezonden
door: Chris
JIJ
IS BAIE SPESIAAL
"Ek
het jou geskep...jou gevorm...jou verlos...jou op jou
naam geroep..jij is Myne" (jes.43:1)
Ek
het jou gekoop...en die prys is betaal (vlg 1 kor 6:20;
7:23)
Ons
leef in 'n wêreld waarin elkeen vir homself lewe en
hardloop.
Niemand
het tyd vir ander nie. Ons vertrap mekaar en loop oor
mekaar.
Jy
voel dalk ook asof niemand vir jou omgee nie. Jy soek
liefde,begrip en aanvaarding maar jy kry dit nie. Jy
verlang dat iemand vir jou sal sê: "Jy is baie
spesiaal !" maar niemand sê dit nie. Die lewe is
kaal en vaal en het sinloos
geword. Dit het al sy vreugde en sprankel verloor. Jy
voel stukkend gebreek en afgetakel.
Ek
het vir jou wonderlike nuus ! Jy kan jou kop optel.
JY
IS BAIE SPESIAAL !!
So
spesiaal dat ons groot God en hemelse Vader vir jou kom
sê:
Jy is kosbaar; Die Here ag jou hoog en Hy betaal vir jou
die duurste prys (jes.43:4)
Jy
is uniek; In die hele wêreld is daar net een soos jy.
Lees
asseblef psalm 139:13,15,16
Jy
is uitgekies; God het by miljoene mense "verbygegaan"
om in Hom te glo (joh.15:16; Ef 1:4)
Jy
is verlos; Christus het in jou plek aan die kruis
gesterf. Met Sy bloed het Hy vir jou betaal en jou so as
sy eie gekoop (jes.43:1; tit.2:14)
Jy
behoort nou aan Hom.
Jy
is gedoop; Jy dra die teken en bewys dat jou sonde
afgewas is en jou ou lewe afgelê is (Kol.2:12-14)
Jy
is Sy kind; Jy is uit God gebore en deur die Heilige
Gees het God jou sy kind gemaak.
(1 joh.5:1; Rom.8:15,16)
Jy
is Sy erfgenaam; As Sy kind erf jy nou saam met Sy Seun,
Jesus Christus. (Rom.8:17)
Jy
is Sy vriend;Soos wat Abraham 'n vriend van God was
(joh.2:23), so noem Jesus jou ook sy vriend
(joh.15:14,15)
En
omdat jy VIR GOD SO SPESIAAL is, gee Hy so baie vir jou
om.
Hy
het jou innig lief en sy liefde sal nooit ophou nie.
(Ef.2:4; Jes.54:10; Joh.13:1)
Hy
omhels jou en vertroetel jou en versorg jou soos die
appel van sy oog. (deut.32:10)
Hy
beskerm jou so dat niemand jou uit Sy hand sal ruk nie.
(Joh.10:28,29)
Hy
beskerm jou teen alle gevaar (ps.121)
Hy
seën jou met die beste onder alle omstandighede (num.6:24-26)
Bid
die gebed van Jabes (1 kron.4:10)
Hy
bly by jou en Hy woon in jou huis. Hy los jou nooit
alleen nie (joh.14:17,23)
Hy
sorg vir jou. Jy hoef oor niks besorg wees nie (Fil.4:6)
Hy weet wat jy nodig het (mat.6:32)
en
Hy sal jou nie in die steek laat nie. (heb.13:5)
Hy
onthou jou. Jou naam is in Sy handpalm gegraveer (jes.49:15,16)
Hy
vergewe jou.Hy dink nie meer aan jou sonde nie (jes.43:25)
Hy wis dit uit met Sy bloed (1joh.1:7)
Hy
bid vir jou. Hy is jou Middelaar en Voorspraak, wat by
die Vader vir jou intree (joh.17:9)
Jy
is so SPESIAAL dat hy sy eie Seun na hierdie wêreld
gestuur het, vir jou persoonlik, om al jou sonde,jou pyn
en eensaamheid,jou hartseer en verworpenheid te dra. Hy
wil die lewe vir jou mooi maak en al die vreugde en
sprankel vir jou terugbring. Laat Hy jou lewe oorneem en
ALLES VIR JOU NUUT MAAK.
As
die Here vir jou so omgee kan jy nie meer moedverlore en
uitgeworpe wees nie.
SKEP
MOED, STAAN OP EN BEGIN LEWE !
DIT IS DIE MOEITE WERD, WANT
JY IS BAIE SPESIAAL !!!

Deze pagina
is bestemd voor jouw pennenvruchten of hersenspinsels, die je graag met anderen
zou willen delen.
Je kunt ze per email aan mij doorgeven, door boven in het menu (aan de
linkerkant van deze pagina) op de brievenbus te klikken.



HOME

|